Karl Jenkins
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
| Karl Jenkins | ||
|---|---|---|
![]() |
||
| Geboortenaam | Karl William Jenkins | |
| Geboorte | 17 Februarie 1944 Penclawdd, Swansea, Wallis |
|
| Beroep(e) | Komponis | |
| Genre(s) | Jazz Moderne klassiek |
|
| Instrument(e) | Klavier | |
| Aktiewe jare | 1960's - huidig | |
| Webwerf | www.karljenkins.com | |
Karl William Jenkins OBE D.Mus.[1] (gebore 17 Februarie 1944) is 'n Walliese musikus en komponis. Jenkins is aangestel as 'n offisier van die Orde van die Britse Ryk in die Nuwejaars-erelys van 2005.
[wysig] Agtergrond
Jenkins is gebore en getoë in die dorpe Penclawdd op die Gower-skiereiland. Sy vader, wat 'n plaaslike onderwyser, orrelis en koorleier was, het hom aanvanklik aan musiek bekend gestel. Jenkins was 'n leerling aan die Gowerton Grammar School in Swansea.
Jenkins het sy musikale loopbaan begin as 'n hoboïs in die Nasionale Jeugorkes van Wallis. Hy het in musiek gaan studeer aan die Cardiff Universiteit en het sy nagraadse studies voortgesit aan die Royal Academy of Music waar hy sy vrou en musikale medewerker, Carol Ballatt, ontmoet het.[2][3][4]
[wysig] Eksterne skakels
- Karl Jenkins se amptelike webblad
- Biografie by Calyx (Canterbury musiekwebblad)
- Karl Jenkins op MySpace
- Karl Jenkis se musiek in TV advertensies at ADmusicDB.com
- Karl Jenkins biografie van BBC Walli
[wysig] Verwysings
- ^ "Karl Jenkins - Biography". Karljenkins.com. URL besoek op 2008-11-06.
- ^ University of Leicester - Oration for Karl Jenkins by Professor Gordon Campbell
- ^ Persverklaring op www.karljenkins.com
- ^ Carol Barratt by Allmusic
| Hierdie artikel is ten volle of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. |
| Wikiquote het 'n versameling aanhalings deur of oor Karl Jenkins. |
