Laurika Rauch

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek
Laurika Rauch
Oorsprong Suid-Afrika
Beroep(e) Musikant
Aktiewe jare ~1979 - nou
Webwerf laurikarauch.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Laurika Rauch (Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Sy is een van die bekendste kontemporêre sangeresse in Afrikaans. Sy sing ook in Nederlands en Engels.

Inhoud

[wysig] Lewensloop

Rauch was 'n leerling aan die Laerskool Groote Schuur en studeer in die jare sewentig drama aan die Universiteit Stellenbosch. Reeds tydens haar studie tree sy op Suid-Afrikaanse televisie op, onder andere met toonsettings van Ingrid Jonker se gedigte. Gedurende hierdie jare begin sy ook naam te maak as vertolker van die werk van die Brusselse liedjieskrywer, Jacques Brel.

In 1979 word haar vertolking van Koos du Plessis se Kinders van die Wind 'n treffer. Sy tree ook buite Suid-Afrika op in onder meer België, Nederland, Engeland, Tsjeggië en Duitsland.

Sy is getroud met die liedjieskrywer Christopher Torr. Die egpaar het twee kinders, Nina en Simon.

[wysig] Albums/Produksies

  • Debuut (1979)
  • 'n Jaar in my lewe (1980)
  • Vir Jou (1981)
  • Jy is te dierbaar (1983)
  • Laurika op Versoek (1985)
  • Encore! Laurika (1988)
  • Stuur Groete aan Mannetjies Roux (1990)
  • Grootste Treffers Volume 1 (1991)
  • Die Gang (1992)
  • Hot Gates (1995)
  • Grootste Treffers Volume 2 (1996)
  • The Brel Album (1997)
  • 19 Treffers van 21 Jaar (1999)
  • Die mense op die Bus (1999)
  • Hei mevrou Brown (dit gaan goed) (2000)
  • Vier Seisoene kind (2002)
  • My ou Tante Koba (2004)
  • Die nuwe Trefferalbum (2004)
  • Chris se Trefferliedjies (2005)
  • 'n Lekker Verlang Liedjie (2007)[1]
  • Twee Duisend en Tien (2010)

[wysig] Verwysings

  1. ^ vetseun.co.za, besoek op 7 Maart 2010.

[wysig] Sien ook

[wysig] Eksterne skakels

Persoonlike gereedskap
Naamruimtes

Variante
Aksies
Navigasie
Gereedskap
Ander tale

Polecamy: Pozycjonowanie, wózki dziecięce, Kino domowe, Viagra, Kredyty