Londen
|
Londen |
|
|---|---|
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Koördinate | |
| Stigting | 50 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 1 572 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 24 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2006) | 7 355 400 |
| - Metropolitaanse gebied | Tussen 12 en 14 miljoen |
| - Bevolkingsdigtheid | 4 761/vk km |
| Tydsone | UTC +0 |
| - Somertyd | BST: UTC +1 |
| Amptelike webwerf | london.gov.uk |
Londen (Engels: London [ˈlʌndən]) is die hoofstad en grootste stad van Engeland en die Verenigde Koninkryk. Die stad, wat aan die Teemsrivier in die suid-ooste van Engeland geleë is, is in 50 n.C. deur die Romeine as Londinium gestig en het in die 19de eeu tot die grootste metropool ter wêreld gegroei. As hoofstad van die Britse Ryk het Londen tot enkele dekades gelede 'n beduidende rol as middelpunt van 'n wêreldryk gespeel waaroor "die son nooit ondergaan nie" en fungeer tans nog steeds as die hoofstad van die Britse Gemenebes (Engels: Commonwealth).
Vandag het ander metropole ten opsigte van hul bevolkingsgetal lankal by Londen verbygesteek. Desondanks is die stad naas Moskou en Parys een van die drie grootste stedelike sentra in Europa en een van die beduidendste finansiële sentra ter wêreld naas New York en Tokio. Londen genereer 17% van die Verenigde Koninkryk se BNP - die vierde grootste ter wêreld. Eeue lank reeds is Londen daarnaas 'n invloedryke sentrum in politiek, kunste en mode-ontwerp.
Londen het vanuit die Teemsrivier gegroei. Die rivier het sy eerste deurgang gevorm, en tydens die verskeie immigrasiegolwe het Italianers, Jode, Hugenote en baie ander nuwe aankomelinge hulle in die East End van Londen, 'n vroeë voorstadgebied met sy tipiese werkersklasbuurte langs die rivieroewer, gevestig. As buitelanders is hulle aanvanklik nie tot die stad toegelaat nie.
Die oorspronklike historiese stadskern of "The City" is vroeër deur 'n stadsmuur beskerm en beslaan net 'n klein oppervlakte van sowat een vierkante myl tussen Tower Bridge en Blackfriars Bridge. "The City" is vandag die finansiële distrik van Londen wat nog steeds deur sy eie burgemeester, die "Lord Mayor" van Londen, geregeer word. Die administratiewe setels van Londen en die Verenigde Koninkryk is nogtans in Lambeth, die verskillende stadswyke (boroughs) en Westminster (in die historiese "West End" met sy koninklike paleise) geleë.
Londen het sodoende vanuit "The City" en twee stede aan die Teemsrivier ontwikkel, en die huidige Groter Londen bestaan in werklikheid uit 'n verskeidenheid stadsbuurte en voormalige dorpe wat meestal hul eie karakter bewaar het. Die stadsgebied van Groter Londen sluit dus ook klein stede soos Greenwich in die ooste en Richmond in die weste in.
Inhoud |
[wysig] Geografie
Die stadsgebied van Londen is in die sogenaamde Londen-bekken geleë strek oor 45 kilometer langs die bevaarbare benedeloop van die Teemsrivier, met 'n gemiddelde hoogte van 15 meter bo seevlak. "The City", aanvanklik 'n klein nedersetting aan die noordoewer, was die historiese groeikern, en tot in die jaar 1739 het London Bridge die enigste brugverbinding oor die Teems gebly.
Die grootste gedeelte van Londen is dus noord van die rivier geleë. Eers toe in die 18de eeu meer brûe gebou is en vanaf die 19de eeu ook spoorlyne ontstaan het, het Londen begin om in alle rigtings uit te brei. Hierdie proses is deur die plaaslike landskapsvorm bevorder - die stadsgebied bestaan hoofsaaklik uit vlaktes of effens golwende terrein.
Die Teemsrivier was in die verlede duidelik wyer en minder diep. Vandag word sy loop grotendeels deur damme begrens, en die meeste takriviere vloei ondergronds. Die getye van die Noordsee kom hier nog duidelik in, en die seewater, wat in die rivier opskuif, hou steeds 'n bedreiging vir Londen in. Om oorstromings en stormvloed te voorkom, is die sogenaamde Thames Barrier in die 1970's naby Woolwich (oos van Greenwich) gebou.
Die geografiese koördinate van die stadsentrum naby Trafalgar Square is die noordelike breedtegraad 51,30 en die westelike lengtegraad 0,08. Die bekende Nulmeridiaan loop deur die Koninklike Sterrewag in Greenwich en dien as die uitgangspunt van die lengtegrade en sodoende ook die tydsones.
[wysig] Demografie
Londen is die tweede grootste stad na Parys in die Europese Unie.
| Lande van geboorte | Bevolking (2001) |
|---|---|
| 5,230,155 | |
| 172,162 | |
| 157,285 | |
| 120,900 | |
| 84,565 | |
| 80,319 | |
| 68,907 | |
| 66,311 | |
| 49,932 | |
| 46,513 | |
| 45,888 | |
| 45,506 | |
| 44,622 | |
| 41,488 | |
| 39,818 | |
| 39,128 | |
| 38,694 | |
| 38,130 | |
| 33,831 | |
| 32,082 | |
| 27,494 |
[wysig] Ekonomiese basis
Londen het sedert 1986 - die jaar waarin met die liberalisering van die Londense effektebeurs begin is - naas New York en Tokio tot een van die drie belangrikste finansiële sentrums ter wêreld ontwikkel. Meer as 500 banke het hulle hoofkwartier in die stad, waaronder ook The Hongkong and Shanghai Banking Corporation, die grootste Europese bank. Alhoewel die Verenigde Koninkryk nie self lid is van die sogenaamde Europese Eurosone nie, hanteer Londen se banke meer transaksies in Euro as enige stad op die Europese vasteland.
[wysig] Gebore
- Gareth Hunt (1942-2007), akteur
[wysig] Verwysings
- London. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
Amsterdam | Andorra la Vella | Athene | Bakoe | Belgrado | Berlyn | Bern | Boedapest | Boekarest | Bratislava | Brussel | Chişinău | Dublin | Helsinki | Jerewan | Kiëf | Kopenhagen | Lissabon | Ljubljana | Londen | Luxemburg | Madrid | Minsk | Monaco | Moskou | Nicosia | Oslo | Parys | Podgorica | Praag | Reykjavik | Riga | Rome | San Marino | Sarajevo | Skopje | Sofia | Stockholm | Tallinn | Tbilisi | Tirana | Vaduz | Valletta | Vatikaanstad | Vilnius | Warskou | Wene | Zagreb
Hoofstede van afhanklike gebiede: Douglas | Gibraltar | Longyearbyen | Mariehamn | Olonkinbyen | Saint Helier | Saint Peter Port | Tórshavn
Hoofstede van omstrede gebiede: Lefkoşa | Pristina | Tiraspol
Hoofstede van: Afrika - Asië - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika