vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hierdie blad lys die sjablone wat gebruik word in die Afrikaanse Wikipedia. Die lys is nie volledig nie, maar bied slegs 'n oorsig van die soort sjablone wat by die Afrikaanse Wikipedia beskikbaar is. Sien gerus die kategorie Sjablone of dié lys vir al die beskikbare sjablone.
Indien u opsoek is na 'n spesifieke sjabloon en dit nie kan vind nie, vra gerus op die besprekingsblad of die Geselshoekie vir hulp van ander gebruikers.
Artikelstatus
Sommige sjablone dui die status van sekere artikels aan. Die status het gewoonlik betrekking op die artikel se inhoud; daar kan voorgestel word dat die inhoud verwyder of skoongemaak word, of dat die inhoud 'n skending van kopiereg is, of miskien vatbaar vir verandering is (in die geval van 'n onlangse gebeurtenis). Die volgende sjablone is 'n paar van die meesgebruikste artikelstatussjablone op die Afrikaanse Wikipedia, maar sien gerus die kategorie Artikelstatussjablone vir 'n volledige lys.
Beelde
Sien gerus Kopieregetikette vir beelde vir sjablone wat by beelde gevoeg kan word.
Gebruiker
Sommige gebruikers plaas gebruikersjablone op hul gebruikersblaaie om hulself aan ander Wikipediane en besoekers voor te stel. Hier volg 'n paar meer algemenes. Sien gerus die kategorie Gebruikersjablone vir die volledige lys.
Inligtingkasse
Inligtingkasse is die informele naam vir 'n inligtingtabel wat (gewoonlik) regs-bo aan 'n artikel verskyn. Die inligtingstabelle is oor die algemeen groot in voorkoms en het verskeie veranderlike parameters. Die meesgebruikte inligtingkasse word hier genoem, met skakels na van die artikels wat die sjablone gebruik, ter illustrasie. Sien gerus die kategorie Inligtingskassjablone vir 'n volledige lys.
Sien asseblief elke sjabloon se individuele blad vir inligting oor hoe om die sjabloon te gebruik.
Reekse
Sommige artikels behoort tot 'n reeks artikels oor, byvoorbeeld, die Wes-Kaapprovinsie, of die lande van Afrika, of selfs kerkargitektuur. Al dié sjablone kan gevind word in die kategorie Reekssjablone. Hier volg egter 'n paar, met hulle instruksies, ter illustrasie.
Koördinate
Gebruik die Koördinate-sjabloon om die ligging van 'n plek aan te dui. Hier is 'n paar voorbeelde:
Vir meer inligting, sien en:Template:Coord en Google se GeoWeb FAQ.
Wikimedia
Sommgie sjablone kan 'n gebruiker na 'n ander Wikimedia-projek verwys. Sien die individuele sjabloonbladsye vir die gebruik van die sjabloon.
Welkom
| Instruksies |
Hoe dit vertoon |
| {{Welkom}} |
| Hallo Lys van sjablone, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! |
| Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie. |
| Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 22 501 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud. |
|
|
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide |
|
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek |
|
|
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide |
|
Sandput
Eksperimenteer na hartelus |
|
|
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide |
|
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle? |
|
|
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie |
|
Beelde
As jy jou kiekies wil oplaai |
|
|
Beleefdheid
Ken jou maniere |
|
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles |
|
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.
|
|
|