Wikipedia:Geselshoekie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek
Kom gesels saam met ons...
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Crystal Clear app file-manager.png
Argief
2004 2005 2006
2007 2008 2009
2010 2011
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: teken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argiewe geskuif (sien die kieslys regs). As u 'n gesprek wat in die argiewe is wil voortsit, word dit aanbeveel om die betrokke dele uit te knip en hier te plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Internet Relay Chat (of IRC) word gebruik om aanlyn met ander gebruikers te klets. Inligting oor die Afrikaanse kletskamer is hier beskikbaar.


Inhoud

[wysig] Voorspoedige nuwejaar!

Aan al die Wiki-gebruikers: Voorspoedige 2012, mag ons 30,000 artikels bereik vir 2012 en mag ons gebruikers ure se genot put uit die Afrikaanse Wiki! Oesjaar (kontak) 06:12, 31 Desember 2011 (UTC)

Mag elkeen van julle ‘n opwindende en voorspoedige 2012 beleef.
Die Afrikaanse wiki is iets om op trots te wees. My wens vir die nuwe jaar is dat meer mense sal aansluit en help om dit verder uit te bou.
Geniet die laaste ure van 2011!
Anoniem
Alles van die beste en dankie vir al die harde werk en bydraes op die Afrikaanse wiki! JCBrand (kontak) 08:03, 31 Desember 2011 (UTC)
Daar is pragtige SMS-boodskappe by http://peperonity.com/go/sites/mview/angels.paradise/12975436%28p9%29, onder andere die een (effe aangepas):
"Emmers vol liefde, kruiwaens vol soentjies, gieters vol drukkies, beddings vol respek. Dis my blomtuin vir julle in 2012. Mag julle toekoms vol vreugde, vrede & God's liefde wees!"

[wysig] Artikels tot aan die einde 2011: 20421

Ons het 2011 afgesluit met 20421 artikels. Wat was die begin balans vir 1 Jan 2011?? Oesjaar (kontak) 15:43, 1 Januarie 2012 (UTC)

Moeilik om presies te sê, maar dit was so amper 17000 gewees. Ons is tans die 84ste grootste wiki volgens aantal artikels, maar teen die trant behoort ons nou enige dag na 83ste op te skuif. Groete. Anoniem

[wysig] Visse en taxobokse

Anoniem & JMK: Dankie vir julle hulp met die visse en hul dinge. Ek sien julle plaas taxobox'e met verkeerde inligting in. Bv Actinopterygii is 'n subklas = straalvinvisse en Osteichthyes = beenvisse is die klas. Julle plaas Actinopterygii as 'n klas.

Ek moet die volgende stukkie in die meeste taxobokse inlas.

| subphylum = Vertebrata | subphylum_authority = (Cuvier, 1812) | infraphylum = Gnathostomata | classis = Osteichthyes | classis_authority = (Huxley, 1880)

Groete. Oesjaar.

Dis moontlik. Ek kopieer die sjabloon vanaf ander wiki's sonder om die inligting na te gaan. Dit sal hopelik meestal reg wees. Indien nie, voel vry om dit te reg te maak/ aan te vul. Groete. Anoniem
Die vis dinge op ander Wiki's is deurmekaar veral die Engelse een. Glo my! Wanneer ons klaar is gaan dit die beste en wees op Wikie. Oesjaar.

[wysig] Dog Sharks vs Hound Sharks

Kan iemand help? As Dog Sharks Hondhaaie in Afr is, hoe staan Hound Sharks dan bekend in Afr? Oesjaar (kontak) 20:37, 8 Januarie 2012 (UTC)

Ek stel voor ons kyk eerder by Nederlands (en Duits). Die Duits vir Dog Sharks is (de) Dornhaie en die Nederlands is (nl) Doornhaaien, wat albei vertaal na Doringhaaie. Vir Hound Sharks is die Duits en Nederlands beide Gladde Haaie ((de) Glatthaie en (nl) Gladde Haaien) JCBrand (kontak) 20:43, 8 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Grootrivier

Nature's Valley lê by die Grootrivier op die oosgrens van die Wes-Kaap. Daarom is die foto by die artikel Grootrivier by die verkeerde artikel. Daar is helaas verskeie Groot- en Olifantsriviere in Suid-Afrika en dit lei tot verwarring.AFM (kontak) 14:22, 9 Januarie 2012 (UTC)

Ek het Grootrivier (Tuinroete) geskep. Kan iemand die foto verplaas asb? Oesjaar (kontak) 16:03, 9 Januarie 2012 (UTC)
Sien Gamtoosrivier. Die Gamtoos staan as die Grootrivier bekend totdat dit saamvloei met die Koegagarivier. Dan eers staan dit as die Gamtoos bekend. Oesjaar (kontak) 19:51, 9 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Vandag in die geskiedenis: 13 Januarie

PW Botha se geboortedatum is 12 Januarie volgens sy artikel maar bogenoemde sê 13 Jan. Oesjaar (kontak) 05:51, 13 Januarie 2012 (UTC)

Sjoe, gelukkig het jy dit gesien en reggemaak!
Vandag is nog nie reggemaak nie. Oesjaar.
Dit behoort nou reg te wees.

[wysig] Bekendstelling van Wikipedia 1.19 beta

Die Wikimedia-stigting staan op die punt om 1.19 uit te rol in al die WMF-hosted wikis. Terwyl ons die oorsig van die kode afrond, kan u die nuwe weergawe op hierdie oomblik toets op beta.wmflabs.org. Vir meer inligting, lees asb. die vrystellingnotas of die aanhef van die finale aankondiging.

Die volgende areas mag moontlik vir gebruikers van die grootste belang wees:

  • Vinniger laai van javascript-lêers maak naspeuring van afhanklikheid meer belangrik.
  • Nuwe common*.css-lêers kan deur skins benut word, eerder as om stapels generiese style vanaf MonoBook of Vector se css oor te kopieër.
  • Die verstek gebruiker-signature sluit nou 'n besprekingskakel in benewens die gebruikerskakel.
  • Soektogte na geblokkeerde gebruikername in die blokkeringlog is nou duideliker.
  • Beter tydsone herkenning in gebruikervoorkeure.
  • Verbeterde diff-leesbaarheid vir kleurblinde persone.
  • Die interwiki skakeltabel is nou ook toeganklik wanneer die interwiki-cache gebruik word (gebruik in die API en die Interwiki-uitbreiding).
  • Meer geslagserkennende ondersteuning (byvoorbeeld in logs en ander lyste).
  • Taal-omskakelaar verbeter, b.v. werk dit nou na gelang van die taal van die bladsyinhoud.
  • Tyd- en getalformatering van toorwoorde nou ook na gelang van die taal van die bladsyinhoud.
  • Tweerigting ondersteuning verder uitgebrei na 1.18.

Rapporteer enige probleme op die labs beta wiki en ons sal daaraan werk om dit aan te spreek voor die sagteware aan die produksiewikis vrygestel word.

Let wel dat hierdie cluster nie oor SUL beskik nie, maar dit is nie geintegreer met SUL in produksie nie, sodat die gebruiker 'n aparte rekening moet skep. Die gebruiker moet nie dieselde wagwoord gebruik as wat hier in gebruik is nie. — Global message delivery 23:55, 14 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Kategorie Visse: 400ste artikel = Gestreepte draadvin‎

Haai julle! Juig met my, ek het so pas die 400ste artikel, Gestreepte draadvin‎, in die visse kategorie geplaas! Ek dink ek moet eers 'n bietjie halt roep met die visse want die kategorisering moet aangepas en verbeter word. Ek gaan in die tussentyd net seker maak dat die spesies in reg is in die familes, klasse en al die lyste is ens. Oesjaar (kontak) 15:39, 16 Januarie 2012 (UTC)

Baie geluk oesjaar, ek bewonder jou toewyding! JCBrand (kontak) 18:57, 16 Januarie 2012 (UTC)
Ek haal my hoed vir jou af. Ons moet dalk kyk of ons die boek-fasiliteit aan die gang kan kry. Dan kan ons 'n visboek bou. Groete. Anoniem
Flink gedoen! JMK (kontak) 20:03, 16 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Verontrustende nuus uit die VSA

Woensdag gaan die Engelse Wiki moontlik verduister word Sien

Gaan die Afrikaanse Wiki sy solidariteit toon?

Jcwf (kontak) 20:16, 16 Januarie 2012 (UTC)

In protes teen die omstrede Suid-Afrikaanse inligtingswet sou ek sê, JA! Kom ons doen dit ook. Groete. Anoniem
Soos by die Italiaanse Wikipedia: JA! Die Hongaarse parlement het ook 'n omstrede mediawet gedoen... Algemene kennis is daar vir almal! Ek ondersteun dit ook! Groete en solidariteit vanuit Berlyn in Duitsland, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 23:48, 16 Januarie 2012 (UTC)
Reg met my ook, solank iemand die instruksie sal deurgee. Maar ek betwyfel ook nie dat daar wel intellektuele kapitaal by die VSA gesteel word nie. As wikipedia gebruikers trek ons voordeel uit 'n gratis intellektuele inisiatief van die VSA. JMK (kontak) 07:15, 17 Januarie 2012 (UTC)
Kopieregskending is nie steel nie. Kom ons klaar dit eers uit. Dit is twee verskillende dinge. Iets wat teen zero koste gekopieer kan word, en waarvan die oorspronklike kopie dus nog bestaan, is in 'n ander klas as 'n fisiese voorwerp wat wel gesteel kan word. Dit weerspieel ook die onderliggende ekonomiese beginsel, dat iets wat teen 'n koste van basies nul gekopieer kan word, se prys na zero sal neig. Natuurlik wil die skrywers/musikante/programmeerders ens. vergoeding vir die oorspronklike insetkostes ontvang, maar ons sal 'n ander model daarvoor moet vind as die huidige bestel. Ek self is 'n programmeerder wat 90% van my werk onder die GPL lisensie beskikbaar stel. Ek word betaal vir nuwe kode wat ek skryf, en ontvang nie lisensiegelde vir ou kode nie. Alle "content providers" sal 'n soortgelyke skuif moet ondergaan, die beweging na 'n diensgedrewe ekonomie in plaas van 'n produkgedrewe stelsel (wat sal faal a.g.v bogenoemde). Drakoniese kopieregwette is in hierdie opsig net teenproduktief. JCBrand (kontak) 07:41, 17 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Donderweer

Die afgelope paar maande is die weer hier in Gauteng verskriklik swaar, Ek het in my leeftyd nog nie sulke swaar donderweer en blitse beleef nie en ek is al 60 jaar in Gauteng. Wat is die redes hiervoor? --Dinky (kontak) 07:00, 17 Januarie 2012 (UTC)--Dinky (kontak) 07:00, 17 Januarie 2012 (UTC)

Dit kan bloot die toename van teerpaaie en sinkdakke wees, wat na ure hitte uitstraal en opwaartse lugstrome veroorsaak. Dit is 'n bekende verskynsel dat donderweer meer dikwels oor 'n dorp voorkom, as rondom. JMK (kontak) 07:19, 17 Januarie 2012 (UTC)
As ek reg onthou is sekere dele van Gauteng ook in 'n weerlig-gevaarsone, soos Centurion byvoorbeeld. Groete. Anoniem

[wysig] Article requests

Hi, guys! If anyone is interested, here are some topics that could be beneficial for the Afrikaans Wikipedia! Would anyone mind starting stubs on these topics?

If anybody wants to do these, please let me know :) WhisperToMe (kontak) 17:40, 17 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Geregistreerde gebruikers: 37,000

Ek sien op die Statistieke blad dat daar nou 37,000 geregistreerde gebruikers is. Oesjaar (kontak) 19:17, 18 Januarie 2012 (UTC)

Ek dink baie (die meeste?) van hulle het globale wikipedia rekeninge, m.a.w mense wat in ander wikipedias doenig is, en dan hier kom om iets kleins te verander en sodoende 'n "Afrikaanse" gebruiker word. JCBrand (kontak) 19:26, 18 Januarie 2012 (UTC)
Sommige gebruikers kan ook meer as een rekening hê. Ek het drie, 2 wat ek persoonlik gebruik het, en 'n botgebruiker (waarmee ek outomatiese take verrig). Deesdae verkies ek egter eerder die veiligheid van anonimiteit. Groete. Anoniem

[wysig] Bewusmakingsinisiatiewe

Ek het bietjie nagedink oor hoe ons meer mense tot die Afrikaanse wikipedia kan betrek. Wanneer 'n Duitser wikipedia besoek, gaan hy na www.wikipedia.de en kom hy outomaties by die Duitse wikipedia uit. Dieselfde geld vir ander groot tale. Wat doen 'n Afrikaanse gebruiker om by die Afrikaanse wikipedia uit te kom (d.w.s as hy enigsins daarvan bewus is)? Die www.wikipedia.co.za adres blyk in private besit te wees, is uit datum uit, vol advertensies en verskaf nie 'n prominente skakel na die Afrikaanse wikipedia nie. Die Afrikaanse wikipedia het dus 'n agterstand teenoor ander wiki's in die sin dat daar nie 'n eenvoudige en natuurlike manier vir mense is om daarby uit te kom nie (niemand weet vooraf van af.wikipedia.org nie). Ek dink om meer mense te lok moet ons dus bewusmakingsinisiatiewe loods. Om daad by woord te voeg het ek 'n brief aan Alana Bailey van Afriforum gestuur, en gevra dat hulle 'n artikel oor ons wiki in hul volgende nuusbrief sal plaas. Haar terugvoer lui soos volg:

Baie dankie vir die besonder nuttige inligting - ons sal dit in die nuusbrief insluit en ek het dit ook sommer aangestuur vir die Afrikaanse Taalraad vir hulle nuusbrief.

Ek glo dit kan die begin van 'n inisiatief wees om groter bewusmaking omtrent die Afrikaanse wikipedia, sy rol in die uitbouing van Afrikaans en die bemagtiging van Afrikaanssprekendes te bewerkstellig.

Ek hoor graag watter ander voorstelle julle mee vorendag kom. Groete JCBrand (kontak) 19:42, 18 Januarie 2012 (UTC)

Ek ken iemand by Beeld koerant - ek benodig net 'n ordentlike artikel. Oesjaar (kontak) 20:09, 18 Januarie 2012 (UTC)
Ek wil graag nog 'n artikel skryf wat die belangrikheid van die Afrikaanse wikipedia benadruk en 'n pleidooi aan mense rig om dit te ondersteun. Ek sal jou laat weet as ek daarby uitgekom het, hopelik sal dit van nut wees. JCBrand (kontak) 20:33, 18 Januarie 2012 (UTC)
Dit sal hoog op prys gestel word. Die enigste dekking wat ons tot dusver gekry het was op 21 November 2007 in die Rapport gewees. Groete. Anoniem
Oukei, ek het uiteindelik daarby uitgekom.Gebruiker:JCBrand/artikel Laat weet wat julle daarvan dink en as julle enige voorstelle het. Groete JCBrand (kontak) 21:30, 9 Februarie 2012 (UTC)
Baie goed geskryf en lekker om te lees. Hoe gemaak om dit by die koerante en ander uitgewers uit te kry? Groete. Anoniem
Dankie. Oesjaar sê hy sal dit by sy kontak in Beeld uitkry. Verder het ek gedink om dit ook aan Alana Baily by Afriforum aan te stuur. Sy het reeds laat weet dat hulle daaroor in hul volgende nuusbrief sal skryf. Groete JCBrand (kontak) 09:29, 12 Februarie 2012 (UTC)
Het met Beeld begin praat. Oesjaar
Na 'n gesprek met Marga Ley by Beeld is die berig na haar gestuur. Oesjaar (kontak) 15:14, 15 Februarie 2012 (UTC)
Marga vra geduld, dit lyk vir sy wil ook 'n bietjie navorsing doen wat ek as positief beskou! Oesjaar

[wysig] Afrikaanse loopbaangids op Afrikaans.com

Ek het die volgende e-pos van Christo van der Rheede (van die Afrikaanse Handelinstituut) ontvang, en gedag dis gepas om dit hier te plaas:

Ek was die vorige Uitvoerende Hoof van die SBA en wil graag onder jou aandag bring dat ons ‘n omvattende Internetgedrewe Afrikaanse loopbaangids geskep het. Jy is welkom om die skakel ook op julle webwerf te plaas. http://afrikaans.com/index.php/2011-11-21-16-25-38

Groete JCBrand (kontak) 08:36, 19 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Ciguatera vergiftiging.

Wat is korrekte term vir Ciguatera? Oesjaar (kontak) 17:44, 19 Januarie 2012 (UTC)

Lyk my dit sal Ciguatera genoem word in enige Germaanse taal. Dit word dan veroorsaak deur die Ciguatoksien. Die Cigua- terloops, blyk die Spaanse naam te wees van 'n spesifieke Tulbandseeslak, in die familie Turbinidae, kyk Ciguatera fish poisoning. Tabel 7.1 toon 'n lys van visse wat hiermee verbind word. JMK (kontak) 19:58, 19 Januarie 2012 (UTC)
Sien Ciguatera. Groete. Anoniem
Drie nano-sekondes na jy die artikel klaar gemaak het, het ek die skakel voltooi! Het jy gesien op die nuutste stats dat Armenie verbeter skielik met 900 artikels 'n week! Oesjaar
Hulle is seker besig om artikels met 'n bot te laai. Ek het self op 'n stadium 'n robot ingespan om al ons datumartikels op te dollie. As mens data in spreitabelle kry, kan dit maklik in artikels omskep word. Groete. Anoniem

[wysig] diphtheria en disenterie

Ek sien die twee woorde in artikels, is daar miskien beter woorde? Oesjaar (kontak) 11:46, 23 Januarie 2012 (UTC)

Bosman en Vd Merwe se Woordeboek gee: 1. diphtheria - witseerkeel, diphtheritis (difterie). 2. Dysentery - buikloop, disenterie, persie. JMK (kontak) 20:22, 23 Januarie 2012 (UTC)

[wysig] Swart tale in Suid Afrika

More, ek soek asseblief na n direkte vertaling van n swart taal (meestal in Gauteng aria) na Afrikaans. Ek wil graag n swart taal leer praat asb.

Baie dankie, Belinda.  41.242.74.175 06:42, 26 Januarie 2012 (UTC)

Dis nogal snaaks hoe moeilik dit is om 'n swart taal aan te leer. Nie omdat ons mense ongewillig is nie, maar omdat daar nie regtig goeie hulpbronne is nie. Al kan mens net behoorlike groetvorme aanleer, sal dit reeds 'n wêreld se verkil maak. Groete. Anoniem

[wysig] Vandag in die geskiedenis

Buskruitverraad moet met 'n T gespel word! Kan iemand regmaak asb! Oesjaar

Ek sien jy het dit reeds reggemaak by Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/31 Januarie. Groete. Anoniem

[wysig] Ons visreeks: 500 artikels sterk!

Het so pas Holocentridae gelaai wat die 500ste artikel in die visreeks is. Ek dink nie daar is enige ander Afrikaanse media wat soveel inligting oor visse het nie. Oesjaar (kontak) 06:46, 2 Februarie 2012 (UTC)

Absoluut fantasties verby. Jy maak ons almal trots. Hou so aan. Groete. Anoniem

[wysig] Phylum vs. filum

Is eersgenoemde erkende Afrikaans? Oesjaar

"Phylum" word blykbaar erken, maar is miskien ongewoon. In een woordeboek wat ek geraadpleeg het is dit die enigste Afrikaanse woord wat met 'n Ph- begin. JMK (kontak) 19:00, 4 Februarie 2012 (UTC)
Sien ook Bespreking:Phylum. Groete. Anoniem

[wysig] Eenduisend skakels aangeskakel....

Geluk en dankie aan Anoniem! Hy het my gehelp met drie artikels Vertebrata, Gnathostomata en Georges Cuvier en sodoende meer as 'n 1000 skakels aangeskakel! Al drie die artikels word deur visspesies en families artikels gebruik en daar is oor die 500 van hulle. Dit moet 'n rekord van een of ander aard wees! Oesjaar.

Dankie Oesjaar! Ek help maar waar ek kan. Groete. Anoniem

[wysig] Gravelotte/Leydsdorp Geskiedenis

Ons was Donderdag weer by die Beesveiling op Rubbervale. En deur die gesprekke kom ons agter dat hier geskiedenis is wat aangeteken moet word. Daar is manne wat diep spore getrap het,baie staaltjies en legendes. My probleem is. Waar kry 'n mens 'n skrywer wat die geskiedenis kan kom vasle? Fanie van Rensburg fanie@findmeafarm.co.za

Hallo Fanie, Wikipedia laat meestal nie oorspronklike navorsing toe nie. Die beste sal wees om die plaaslike koerant te betrek, of om dit in boekvorm beskikbaar te stel. Daarna kan dit wel hier behandel word. Groete. Anoniem

[wysig] Christiaan de Wet se sterftedatum

Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Februarie dui sy sterfte datum as 5 Feb. terwyl sy eie artikel en die Engelse blad dit aandui as 3 Feb. Kan iemand help asb? Oesjaar (kontak) 20:44, 5 Februarie 2012 (UTC)

Dit moet 3 Februarie wees[1][2].
Verder moet Boeregeneraal een woord wees.

[wysig] Smith's Sea Fishes

Indien daar enige gebruiker is wat oor 'n kopie van bogenoemde boek beskik, laat weet my hier asb! Oesjaar

[wysig] Opsoek na 'n artikel

Ek is op soek na 'n artikel en foto wat geplaas is in die koerant op 19.10.1951. "Haar offer uit die bed". Waar kan ek dit kry en hoe gaan ek te werk om dit in die hande te kry.

My e-pos is accounts@thergbpixellab.co.za

Ek sal enige hulp waardeer.

Groete

Gerda

Hallo Gerda, jy sê nou nie in watter koerant dit geplaas is nie, maar die beste is om 'n biblioteek (met argiewe) te besoek of die koerant self te kontak. Sterkte. Anoniem

[wysig] Besoekstatistieke

Is daar enige van onse aktiewe gebruikers wat weet hoe om die volgende op datume te bring:

Dit sal ons 'n goeie idee gee van die gebruikers se belangstelling ens. Oesjaar (kontak) 18:15, 10 Februarie 2012 (UTC)

Iets soos die? (Tabel geskuif na my gebruikersblad) Arno (kontak) 14:47, 28 Maart 2012 (UTC)

JA!!! Moenie dat ek in jou pad staan nie! Oesjaar (kontak) 19:12, 28 Maart 2012 (UTC)

Heheh. Ek sal die details van die hoof argiewe van Wikipedia moet kry ... dit gaan so tydjie vat om die kode ens uit te sorteer. Ek wil dit graag so outomaties moontlik maak. Hou hierdie spasie dop. Arno (kontak) 08:46, 29 Maart 2012 (UTC)
OK Oesjaar (en andere) ... geniet die inligting! Arno (kontak) 15:06, 29 Maart 2012 (UTC)
Uit Arnobarnard se daaglikse besoek statistiek is een ding duidelik - die gebruikers gebruik die skakels van die Vandag in die geskiedenis baie. Kyk bv na RMS Titanic se besoekstatistieke. Myns insiens moet ons alle rooi skakels wat in enige datum artikel is probeer omskep in blou. Dan sal ons gebruikers baie meer rondblaai. Groete. Oesjaar (kontak) 08:14, 16 April 2012 (UTC)

[wysig] WikiWomenCamp, Argentinië, Mei 2012

Hallo, ek gebruik Google Translator. Ek kan nie Afrikaans praat nie. Ek help om 'n konferensie vir vroue wat betrokke is by Wikimedia-stigting projekte te organiseer.(http://meta.wikimedia.org/wiki/WikiWomenCamp) Indien moontlik, wil ek graag dat 'n vrou van Suid-Afrika dit bywoon. Dit sal 'n geleentheid wees om leierskapvaardighede te kry, en in interaksie te tree met vroue uit ander lande wat probeer help om Wikimedia te verbeter in hul eie lande. Ter voorbereiding vir hierdie konferensie, probeer ons om maatstawwe te stel vir die deelnamekoerse van vroue op Wikimedia-projekte, die plekke waar vroue deelneem en die inhoud wat verband hou met vroue van spesifieke lande. Ons het 'n bladsy oor Suid-Afrika by http://meta.wikimedia.org/wiki/WikiWomenCamp/FAQ/Perspectives/South_Africa. Dit sal uitstekend wees as die mense van Suid-Afrika kan help om hierdie bladsy te verbeter, of 'n ​​weergawe kan skep wat in Afrikaans geskryf is. Dankie vir jou hulp en geduld.--22Kartika (kontak) 01:27, 11 Februarie 2012 (UTC)

[wysig] MediaWiki 1.19

Die Wikimedia-stigting beplan om MediaWiki (die sagteware wat hierdie wiki dryf) hierdie maand te opgradeer na die laaste weergawe. Jy kan dit help toets voor inwerkingstelling, om ontwrigting en brekasie te voorkom. Meer inligting is beskikbaar in die volle bekendstelling. Dankie vir jou begrip.

Guillaume Paumier, via die Global message delivery system (wrong page? You can fix it.). 13:25, 12 Februarie 2012 (UTC)

[wysig] foto van 'n verkeersbord

Hallo,

Ek soek 'n foto van 'n verkeersbord, met die opskrif van Aftrekplek, wat langs die Suid-Afrikaanse nasionale paaie staan. Dit is die beste voorbeeld van spraakverwarring tussen Afrikaans en Nederlands en ek sou die foto graag gebruik op die Nederlandse wikipedia. Is dit moontlik dat enig iemand hierdie foto het of kan maak, en die foto onder vrye lisensie beskikbaar wil stel? En kan dit opgelaai word op Commons? Dankie. I90Christian (kontak) 16:04, 12 Februarie 2012 (UTC)

Ek het êrens gelees wat aftrek in Nederlands beteken :D Ek is egter nie bewus van so 'n bord in my omgewing nie. As jy met images.google.com 'n beeldsoek daarvoor doen, verskyn baie fotos van dieselfde bord. Meeste van die fotos is op Nederlandse webwerwe. Ek stel voor jy kontak die eienaars van hierdie webwerwe en vra of jy die foto op wikimedia mag oplaai. Groete JCBrand (kontak) 07:59, 16 Februarie 2012 (UTC)

[wysig] Minder tyd....

Ek was bevoorreg om die afgelope 9 maande baie tyd aan Wikipedia te kon afstaan en vermoed ek het ongeveer 1000 artikels bygedra. Dinge het verander en ek gaan vir die volgende paar maande minder sigbaar wees. Ek sal môre die dinge met Beeld afhandel en julle terugvoer gee. Ek is tans besig met die visfamilie Blenniidae en moet nog 5 families doen. Ek sal dit oor die res van die jaar byvoeg soos ek kan. Oesjaar (kontak) 17:02, 14 Februarie 2012 (UTC)

Dankie vir al jou tyd en bydraes! JCBrand (kontak) 07:55, 16 Februarie 2012 (UTC)
Ek stem, jy het reeds 'n beduidende bydrae gelewer en verdien 'n breek. Hoop net om jou darem nog so af en toe hier doenig te sien. Sterkte met die nuwe uitdagings! Groete. Anoniem

[wysig] Wat is die effek tussen alkohol en pynstillers wat gedurig saam gebruik word?

Ek sal enige inligting waardeer van persone of professionele mense wat weet wat die effek is van alkohol en pynstillers wat op 'n gereelde basis (daagliks) gebruik word.

Ek het vir die afgelope paar maande radikale veranderings gesien in my lewensmaat se gedrag wat nou al meer alkohol gebruik met die gepaardgaande gebruik van pynstop tabelette.Die veranderings is meestal dat hulle verskriklik aggresiewe houdings inneem met die kleinste gesprekke van watter aard ookal.Dit ly tot woede uitbastings en ander aggresiewe gedrag of beskudigings wat hoofsaaklik op vriende en familie gerig is. By ander geleendhede word die aggressie baie goed verbloem by ander vriende omdat hulle nie hierdie geheim van drank en pynstillers wat gesamentlik gebruik word wil bekend maak nie.

Hulle vergeet ook baie vinnig van waar goed gebere of neergsit is, en is dan verskriklik beskuldigend teenoor enige persoon in die huishouding met die gepaardgaande woede buie.

Die reëls van Wikipdia spesifiseer dat dit nie 'n advieskolom is nie, en spesifiek nie vir mediese sake nie, kyk What Wikipedia is not. Daar bestaan egter akademiese studies oor die onderwerp, bv. die van Hoaken en Stewart. JMK (kontak) 20:27, 15 Februarie 2012 (UTC)
Dit kan nie maklik wees om met so 'n persoon te leef nie. Hou moed, vra 'n doktor vir die mediese inligting wat jy benodig, en maar seker jou lewensmaat sluit by 'n rehabilitasie/hulpgroep aan. Groete. Anoniem
Ek het baie ondersteuning en wysheid gekry by Alanon, die groep vir die familie en vriende van verslaafdes, geassosieer met Alkoholiste Anoniem. Dit kan 'n baie groot verskil maak. Dit is nie advies nie, net persoonlike ervaring van iemand wat baie skepties was oor ondersteuningsgroeppe aan die begin.

[wysig] Ons water kwaliteit in Pretoria!!!!

Goeie Middag aangename kennis. Ek wil net graag nog "input" kry van ander mense want ek staan bank vas en nie seker links of regs. Ek bly tans al vir 'n jaar in Pretoria Annlin en het so ses miskien sewe maande terug swael begin ryk in on kraan water. Dis nou al so erg ek was 'n man wat oggend en aand gestort het nou is dit net in die oggende en ek spoel my mond met bottel water. Dit ruik alhoemeer na herwinde water en my skoonpa in Montana sê hulle het dit ook agter gekom. Ek weet nie waarheen om tegaan of om wie tenader maar ek dink met ons kwaliteit beheer van fondse deur on nuwe regeuring het ek die gevoel daar skort iets by ons suiwers proses. Kan iemand my dalk in die regte rigting wysig en of wie die water dalk kan toets!!! Wens ek kon my water deur my filter sisteem laat hardloop!!!!

Vriendlike Groete Robbie robbie@gmail.com

Selfde hier in Centurion. Die water is effe bruinerig en die vrou wil nie eers meer daarin bad nie. Ons het aanvanklik gedink dis die geiser of pype wat roes, maar ek begin al meer die munisipale water verdink. Groete. Anoniem

[wysig] Ongekategoriseerde bladsye

Onder Spesiale bladsye, subafdeling Ongekategoriseerde bladsye is daar twee artikels. Kan 'n admin net help asb? Oesjaar NS Grootbroer hou julle dop!

Iemand het dit reeds gedoen. Die verslag lewer geen resultate nie. Groete. Anoniem

[wysig] Kopiereg

Was is die reël vir reklamemateriaal wat in SA geskep is? Ook 50 jaar? Morne (kontak) 18:16, 18 Februarie 2012 (UTC)

Ek sou so dink. Die Wet op Outeursreg 98 van 1978 bepaal 50 jaar na eerste publikasie. Groete. Anoniem
Sien ook Engelse wikipedia artikel. Hang van tipe materiaal af maar is OF 50 jaar na publikasie OF 50 jaar na outeur se dood. Arno (kontak) 12:35, 21 Februarie 2012 (UTC)

[wysig] Die eiland Rodrigues

Kan iemand dalk so 'n klein artikeltjie skryf oor die eiland Rodrigues wat onder die naby Mauritius is en ook deur die eiland beheer word? Oesjaar (kontak) 11:52, 22 Februarie 2012 (UTC)

Uitgevoer Uitgevoer. Groete. Anoniem
Dankie, maar wat is die Maskareense eilande nou? Ai die Wiki darem! Oesjaar (kontak) 13:31, 22 Februarie 2012 (UTC)
Jy vra my? Kyk of die help. Groete. Anoniem
Sien ook Maskareense eilande soos vanaf nl:Mascarenen vertaal. Groete. Anoniem
Dankie, nou het ook iets geleer! Oesjaar
Pharos gee Maskarene aan vir Mascarene Islands en die Oseanologie-woordeboek gee Maskarene-bekken, Maskarene-kom aan. Vir wat dit werd is. Winston (kontak) 16:24, 22 Februarie 2012 (UTC)

[wysig] Optiese vesel

Volgens die gebruikerstatisstiek was die artikel 600 keer besoek op 27 Februarie! Oesjaar (kontak) 18:57, 28 Februarie 2012 (UTC)

Glad nie sleg nie! Ek sou graag wou sien waarvoor mense soek, maar nie vind nie. M.a.w, artikels wat geskep moet word om aan ons lesers se behoeftes te voldoen. Groete. Anoniem
Stem! As ons net kan sien wat die maandelikse top 50 is behoort ons 'n baie goeie idee te kry wat die bebruikers soek. Oesjaar

[wysig] Phinêas en Férb

Die vertoning volg die avonture van stepbrothers Phineas Flynn en Ferb Fletcher, wat leef in die fiktiewe dorp van Danville, iewers in die Tri-State. Hul ouer suster, Candace Flynn, 'n obsessie met twee dinge in die hele show. Een is breker Phineas en Ferb se Skemas en idees, Gewoonlik roep hul ma die seuns se aktiwiteite te rapporteer in 1 Poging tot Kry hulle in die moeilikheid, maar is nooit Suksesvolle gevolg van gebeure Dit blyk in 'n ander subplot, gewoonlik met betrekking tot Heinz Doofenschmirtz en Perry die Platypus. Die tweede is dat sy 'n obsessie met 'n seun met die naam Jeremy dat sy wil om haar kêrel te wees. Intussen het die seuns se troeteldier Platypus, Perry The Platypus, tree op as 'n geheime agent vir 'n diere organisasie Regering Skrywers: Kim Roberson, Piero Piluso, Ken Osborne | datum Wat die O.S.'N.K.A. genoem "Organisasie Sonder 'n koel Akroniem" Dr. Heinz Doofenschmirtz veg

Baie van die reeks se humor berus op die loop van gags in elke episode wat gebruik word met 'n ligte variasie Byvoorbeeld, 'n paar episodes met 'n volwassene vra as ek Phineas is te jonk om te word ingewikkelde aktiwiteit verrig, wat ek Reageer: "Ja, ja ek is." Ook, Phineas en Ferb, saam met ander karakters, begin voor hul dade, vra, "¿Hey, waar is Perry?". Perry en Doofenschmirtz se konfrontasies die algemeen lei tot die vernietiging of verdwyning van alles wat Phineas en Ferb is om te bou of om deel te neem in daardie dag.

Aspekte van die show se humor is gemik op volwassenes, gereelde SOI's Insluitende pop-kulturele verwysings Dan Povenmire, het probeer om 'n show te skep Dit was minder slonsig as Family Guy. het voorheen op die show, maar vertroue op dieselfde komiese tydsberekening, metahumor, humoristiese leë staar, uitdrukkinglose gesigte en woordspelings. Povenmire beskryf die show as 'n kombinasie van Family Guy en SpongeBob Square. Family Guy gehelp Inspire 'Phineas en Ferb Jeff "Moeras" Marsh, die ander mede-skepper, het gesê die skou is nie net vir kinders nie, maar het nie net sluit hulle as 'n gehoor.

Van die Engelse wikipedia: Phineas and Ferb is an American animated television comedy-musical series.

[wysig] Ons visreeks: 600 artikels sterk!

Ek het so pas Vyfsaal-papegaaivis gelaai wat die 600ste artikel onder die visse kategorie is. Nou begin ek uit inligting raak. Sal by ongeveer 610 stop. Oesjaar (kontak) 20:25, 1 Maart 2012 (UTC)

Dit goeie en slegte nuus. Waar gaan ons nog bronne vir Oesjaar kry? Ek kan vir jou 'n boek "sponsor" as jy iets in gedagte het. Groete. Anoniem

[wysig] oordosis van medikasie

Goie dag My dogter het n oordosis medikasie geneem om haar lewe te neem...Na 5 dae in hospitaal is sy nou ontslaan,maar bly naar ,deurmekaar en stoelgang is oranje.....Hoe lank neem al daai gifstowe om uit te werk?

Sjoe dit hang seker af van die tipe gifstowwe, hoeveelheid ingeneem, ens. Die beste is om jou dokter om mediese raad te nader. Sterkte! Anoniem

[wysig] Anrie

Hi. Weet enige iemand hier wat het van Anrie geword. 'n Mens sien haar nooit weer hier nie. Sy was ook baie bedrywig hier.

Ek vermoed sy kom haar moederpligte na. Dit lyk asof 'n groot deel van die ou garde hul afskeid van die projek geneem het terwyl nuwe gebruikers by die Afrikaanse Wikipedia aangesluit het. --Voyageur (kontak) 11:17, 11 Maart 2012 (UTC)
Dit maak jou dan die Oupa van die Afr Wiki! Oesjaar (kontak) 18:30, 12 Maart 2012 (UTC)
Ja - en voordat iemand nou vra: Oompie se geheim vir 'n lang Wikipedia-lewe is Kaukasiese kefir, Sweedse blåbärsfil en Armeense brandewyn. ;) --Voyageur (kontak) 01:26, 13 Maart 2012 (UTC)

[wysig] Kopiereg

Dit pla my dat ek gereeld artikels teëkom wat net so gekopieer en geplak word van die onderwerp van die artikel se webtuiste. Nederduitsch Hervormde Kerk is presies dieselfde as Geskiedenis (met onderaan die blad: Kopiereg © 2012 Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) en Hoërskool Sentraal is grotendeels woordeliks gekopieer van Geskiedenis (met onderaan die blad: © 2012 Sentraal Hoërskool - All Rights Reserved). Die "skrywer" van die NHK-artikel het nie eers die persoonsname verander nie, sodat daar staan: "Die kerk is bereikbaar op ons webblad, ons het 'n facebook blad asook 'n twitter rekening." Hoe nou gemaak? Morne (kontak) 15:14, 12 Maart 2012 (UTC)

Miskien is die mense wat hierdie artikels geskryf het by die betrokke kerk en skool verbonde en dus nie gedink dat hulle hulself aan kopieregskendings skuldig maak nie. JCBrand (kontak) 17:28, 12 Maart 2012 (UTC)
Die betrokke teksgedeeltes moet in elk geval verwyder word. 'n Skakel na die webtuistes, waarvan die teks gekopieer is, is voldoende - lesers wat belangstel het dan steeds maklike toegang tot die inligting wat daar verstrek word. --Voyageur (kontak) 00:16, 13 Maart 2012 (UTC)
Ek dink mens moet versigtig wees. Sekere inligting kan wel onder meer as een lisensie vrygestel word, en dus wettiglik hier geplaas wees.
Dan wonder ek ook of 'n publieke skool se inligting kopiereg op kan hê. Tensy dit deur 'n derdeparty opgestel is, verwys die kopiereg eerder na hulle nie-afdwingbare wens dat die die inligting nie gekopieer moet word nie. Die ander kant is ook natuurlik waar, as die webwerf niks oor kopiereg sê nie, beteken dit nie noodwendig dat die inligting nie kopiereg op het nie!
Elke geval moet maar afsonderlik oorweeg word. Tensy anders bewys kan word, moet goedertrou aanvaar word. As ons wel die teks verwyder, moet die persoon wat dit geplaas het asb. in kennis gestel word. Anders kan die inligting geredigeer word en die webwerf vanwaar dit kom as verwysing aangedui word.
Groete. Anoniem
Iemand in die openbare skool het die teks geskep namens die skool, dus is dit hulle intellektuele eiendom, net soos hul geboue, sporttoerusting of busse aan hulle behoort. Dieselfde geld die Nederduitsch Hervormde Kerk. Net omdat hulle nie 'n privaat maatskappy is nie, beteken nie mense kan omgaan met hul eiendom (intellektueel of andersins) soos hulle lekkerkry nie.
Die punt van Wikipedia is tog juis om (hopelik meer as een) bron te gebruik en 'n nuwe artikel oor 'n ou onderwerp te skep. Soos Voyageur sê, 'n skakel na die webtuiste waar die inligting in elk geval reeds beskikbaar is, is voldoende. Hoekom dit dupliseer sonder om dit enigsins te redigeer?
Die uitsondering, myns insiens, is bronne ouer as 50 jaar wat nêrens behalwe in moeilik bekombare boeke te kry is nie. Die kopiereg het in elk geval verval, dus kan 'n mens daarmee maak soos jy wil (soos ek nou maak met NG gemeente Beaufort-Wes), solank ons net die bron erken. Morne (kontak) 08:47, 13 Maart 2012 (UTC)
Ek wil nie in 'n lang debat betrokke raak nie, maar goedertrou moet aanvaar word tot die teendeel bewys is. Dit beteken dat die skool se inligting moontlik deur 'n 3de party opgestel is, wat die lisensiehouer is, maar dat die persoon ook die teks wettiglik hier plaas. Dis hoekom ek graag sal wil sien dat elke geval apart gevalueer moet word. Wie het dit bygesit? Kan die persoon gekontak word ter bevestiging? Het die instansie nie Wikipedia se inligting gekopieer nie? Kan die instansie gekontak word ter bevestiging? Na deeglike huiswerk, besluit of dit gehou/teruggerol moet word. Sterkte! Anoniem

[wysig] Apple

Daar is nog geen Afrikaanse artikel vir Apple Inc. of Apple Macintosh nie. Iemand wat hou van tegnologie artikels kan ons miskien help daar. JMK (kontak) 21:59, 17 Maart 2012 (UTC)

Puvircho het homself oortref en Apple Inc. geskep. Groete. Anoniem

[wysig] Versoek om deelname deur Afrikaans moedertaal sprekers in 'n bespreking aangaande die Engelse WP artikel oor Afrikaans.

Indien u 'n moedertaal Afrikaansspreker is en u oor goeie kennis beskik aangaande die oorsprong en ontwikkeling van die taal, word u vriendelik versoek om deel te neem aan hierdie bespreking in die Engelse Wikipedia. Roger (kontak) 17:17, 20 Maart 2012 (UTC)

Sê vir die Afrikaanse mense daar hulle moet nou die Ingels los en eerder hier kom inval! Groete. Anoniem

[wysig] Cusk-eels

Wat sal die Afrikaanse naam vir Cusk-eel wees? Oesjaar

Ons het Kuskpaling by Ophidiidae gebruik, uit vd Elst se boek, miskien is dit ook by spesies toepaslik. JMK (kontak) 18:32, 21 Maart 2012 (UTC)
Ek soek versamelname vir die beskrywings in die artikel Visordes van Suider-Afrika. Kan jou boek dalk help? En noem dit as bron. Oesjaar (kontak) 18:38, 21 Maart 2012 (UTC)
Ophidiidae == Naaldvisse volgens die Nederlande wiki. Dit klink sommer reg! Groete. Anoniem
Vd Elst het 'n ewolusionêre skema op bladsy 16 en 17 wat waarskynlik met die ordes ooreenstem, sal kyk. Vd Elst is toevallig van Nederlandse afkoms en het waarskynlik die Nederlandse opsies ingedagte gehou. JMK (kontak) 19:23, 21 Maart 2012 (UTC)

[wysig] Groot getalle

In die Afrikaanse media word die Engelse getal "billion" met "miljard" vertaal (soos dit ook die geval is in Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, en die res van die Euro-sone). "Trillion" word vertaal met "biljoen" of "duisend miljard", indien die gebruiker enige verwarring met die Engelse ekwivalent wil voorkom (hoewel "biljoen" in Nederlands en die ander Europese tale inderdaad as ekwivalent van "trillion" gebruik word). In die Wikipedia-artikel oor Armoede word "halfbiljoen" in die Engelse betekenis gebruik, wat dan gelyk sou wees aan vyfhonderd miljard, oftewel, in Engels, "five hundred billion", in plaas van "half a billion", soos waarskynlik bedoel word. 41.145.20.9 08:58, 22 Maart 2012 (UTC)

Stem saam. Ek het dit reggemaak. --Voyageur (kontak) 09:42, 22 Maart 2012 (UTC)

[wysig] Die Afrikaanse WikiWoordeboek

Na lange stilstand zijn er de laatse paar dagen weer nieuwe gebruikers en nieuwe Afrikaanse (?) woorden toegevoegd op het Afrikaanse WikiWoordenboek. Ik betwijfel echter zeer dat het serieuze Afrikaanse woorden betreft, maar dat is moeilijk voor mij te beoordelen. Zou iemand een kijkje willen nemen? Als het onzin is zal ik het graag verwijderen. Jcwf (kontak) 02:59, 29 Maart 2012 (UTC)

Party van die nuwe woorde is definitief nie standaardafrikaans nie. 'n "Bra" is 'n "bustehouder (nl) " en net in jongmense se omgangstaal is dit 'n verwysing na 'n persoon. So ook is "sjelt" 'n dialekvorm of verwronging van geld, en dit kom nie die die WAT voor nie. Ek het nog nooit die gebruik van "nooint" of "fantalla" gehoor nie (en beide kom nie in die WAT voor nie). Ek ken die woord "gwaai" maar dit word (volgens die WAT) "ghwaai" of "ghwai" gespel. My vermoede is dat dit 'n groep skoolkinders is wat elkeen 'n woord bygevoeg het. Dis moeilik om te sê wat voor die voet verwyder moet word. Vele bruinmense kla byvoorbeeld oor die ontkenning van "Kaapse Afrikaans" en die dominansie van die meer "Europese" standaardafrikaans. Dit gesê, "gwaai" se spelling kan gekorrigeer word, "bra" se betekenis gewysig, en so ook "wiele" wat hoofsaaklik "wheels (en) " beteken. JCBrand (kontak) 08:43, 29 Maart 2012 (UTC)

[wysig] Ons visreeks: 700 artikels sterk!

Ek het so pas die 700ste artikel Valsoog-nooientjie (Abudefduf sparoides) gelaai in die visreeks. Dit was regtig raap en skraap om 700 te bereik. Oesjaar (kontak) 15:09, 1 April 2012 (UTC)

Mooi man! Ek sien uit na die 800ste! Groete. Anoniem

[wysig] Vrywaringssertifikaat

Goeie more

Waar kan ek soek vir 'n vryskeldingsertifikaat. Ek was insolvent en wil 'n werk aanvaar, maar hulle soek die bewys dat ek nie agterstallig is op my belasting nie.

Help asb

Probeer die belastingkantoor waar jy geregistreer is as 'n belastingbetaler. Oesjaar
Die dokument mag dalk help. Sterkte! Anoniem

[wysig] Toepassingsagteware

Ek het ’n onlangse rukkie gelede in die Landbou Weekblad gelees van ’n toep en het dit elders ook al gehoor. Dit is nou die Afrikaanse ekwivalent vir die Rooitaal se app. Nou wonder ek, as ek eendag so ver kom en artikels skep vir Apple se Mac App Store, App Store (iOS), iTunes Store en App Store, of ’n mens dit kan skep as Mac-toepwinkel, Toepwinkel (iOS), iTunes-winkel en Toepwinkel en of dit die produk se naam is en eerder in die oorspronklike vorm geskryf moet word. Verder het ek ook gewonder of ’n mens dan iets soos Apple Store en Apple Store (online) kan vertaal met Applewinkel en Applewinkel (aanlyn). Puvircho (kontak) 17:56, 6 April 2012 (UTC)

Ek stel voor ons gebruik die oorspronklike vorm in skuinsdruk sodra dit vir die eerste keer in 'n artikel voorkom en gee die Afrikaanse vertaling tussen hakies. Daarna kan ons gerus die Afrikaanse vorm gebruik. --Voyageur (kontak) 18:10, 6 April 2012 (UTC)

[wysig] Gesoek: moedertaalspreker

Hallo, almal! Tans is die artikel Verwantschap tussen Afrikaans en Nederlands binnen die Nederlandse Wikipedia in die (nl) "Etalageprocedure" voorgelê aan die wikipediagemeenskap. Dis die doel om die artikel uit te roep tot een die 260 beste artikels van die Nederlandse wikipedia, wat tans meer as 'n miljoen artikels het. Binne die stemmingsprosedure vra mense vir 'n neutrale opname van Die Stem, sodat ons die neutrale Afrikaanse uitspraak kan vergelyk met 'n neutrale opname in Nederlands. Die teksvergelyking staan reeds in die artikel, maar sommige mense wil ook die uitspraakverskille daarby hoor. En dus moet ek soek na enigiemand wat Afrikaans as moedertaal het (en dus 'n goeie uitspraak het) en wat die eerste ses reëls van Die Stem op 'n neutrale wyse in 'n .ogg-bestand kan opneem en dit op Wikimedia Commons kan plaas. Die Nederlandse opname sal (hoop ek) versorg word deur die Wikiproject Gesproken Nederlandse Wikipedia. Ons benodig egter ook 'n Afrikaanse versie, en ek, hoewel ek Afrikaans kan lees en skryf, het nog nooit Afrikaans gepraat nie. Is daar miskien iemand, wat die opname kan maak? Baie dankie! I90Christian (kontak) 21:11, 19 April 2012 (UTC)

Christian, Ek het gestem MADe (kontak) 20:41, 25 April 2012 (UTC)
MADe, ek verstaan nie wat jy bedoel nie. Sal jy 'n Afrikaanse opname maak? Indien nie, en as niemand anders aanbied nie sal ek probeer. Ek sal net eers 'n mikrofoon in die hande moet kry. Groete JCBrand (kontak) 07:30, 1 Mei 2012 (UTC)
JCBrand, nee, ek het gestem om die artikel in de etalage te kry. Afrikaans is nie my moedertaal... MADe (kontak) 08:39, 1 Mei 2012 (UTC)
Is daar asseblief nog enigiemand wat kan help? Baie baie dankie! I90Christian (kontak) 19:09, 6 Mei 2012 (UTC)
Hallo Christian, ek het dit eindelik opgelaai: http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Stem_van_Suid-Afrika.ogg Groete JCBrand (kontak) 12:48, 7 Mei 2012 (UTC)
Baie dankie! Sien ook Gebruiker:JCBrand. -- I90Christian (kontak) 19:29, 8 Mei 2012 (UTC)
Dis onverwags, dankie. :) JCBrand (kontak) 13:25, 9 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Boodskap aan AFM

Jy help baie met nuwe artikels, baie dankie. Kan jy asb ook jou bronne verklaar? Oesjaar

[wysig] Facebook Groep vir Afrikaanse Wikipedia

Ek het nou net op facebook rondgesoek om by 'n Afrikaanse Wikipedia groep aan te sluit. Dit lyk of daar wel 'n groep genaamd Ondersteuners van die Afrikaanse Weergawe van Wikipedia bestaan. Maar hy is laas in 2009 opgedateer, het net een lid - alhoewel hy heel entoesiasties was - en mens moet spesiaal vra om 'n lid te word. Ek dink daaraan om 'n nuwe groep te stig, met die eenvoudiger naam Afrikaanse Wikipedia, en met vrye publieke lidmaatskap. Of iemand anders kan dit ook doen. Ek dink ons kan sekerlik baat vind by enige vorm van advertensie of bewusmaking onder die publiek. Wie stel daarin belang? AHB (kontak) 09:52, 24 April 2012 (UTC)

Ek gebruik nie Vleisboek nie, maar dit klink na 'n wonderlike idee! Groete. Anoniem
Jammer, die ou groep is reeds geskrap, maar ek ondersteun 'n nuwe groep! Ek is hier. :) Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 23:00, 24 April 2012 (UTC)
Ek het nou net 'n nuwe groep gestig, met die naam Afrikaanse Wikipedia. 78.22.114.45 11:13, 30 April 2012 (UTC)

[wysig] "Beiteltjie" van Van Wyk Louw

Ek lees sopas skoppensboer (dood) en sien toe daar 'n gedig wat my onmiddellik aan skool laat terugdink. Ek het gewonder of enigiemand in besit is van 'n skolierlike bespreking van die gedig "Beiteltjie" van NP van Wyk Louw wat hulle dalk op Wikipedia wil deel. Dit is een van my gunsteling gedigte en dit behoort nog op skool voorgeskryf te word, so as ons 'n goeie artikel daaroor kan bykry, wen ons moontlik groter gehore waaruit dalk nuwe bydraers na vore kom. Adriaan Joubert (kontak) 13:18, 24 April 2012 (UTC)

Hier is hy: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=594
Groete. Anoniem

[wysig] Vryheidsdag

Hoop almal geniet hulle lang naweek. JESUS LOVES YOU!!!

Dankie, hoop jy het self 'n goeie een gehad. Groete. Anoniem

[wysig] Wiki Loves Monuments

Hallo almal. Ek is Maarten. Ek is aktief op nl.wiki en het verlede jaar in België die wedstryd "WikiLovesMonuments" georganiseer. Die bedoeling is om foto's te versamel van monumente en wat op Commons te pos.

Ek is na Suid-Afrika verhuis, en dit jaar wil ek die wedstryd ook hier organiseer! Meer info op Commons. Laat iets weet as jy wil mee help organiseer. MADe (kontak) 20:40, 25 April 2012 (UTC)

[wysig] Ebenhaeser vs Ebenhaezer

Haai julle! Myself en Gebruiker:Africa South dink bogenoemde is dieselfde plek! Kan dit versmelt word asb! Oesjaar (kontak) 16:22, 30 April 2012 (UTC)

Ek het alles aangepas. Ebenhaezer verwys nou na Ebenhaeser MADe (kontak) 08:33, 1 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Hulp met sjabloon

Indien enigiemand kennis het van die binnewerkinge, help asb. met Sjabloon:Inligtingskas Bedryfstelsel weergawe. Dit is ’n poging om die bestaande Inligtingskas Bedryfstelsel esteties te verbeter. Dankie. Puvircho (kontak) 14:51, 3 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Franse konings

Is Louis XIV van Frankryk dieselfde as Lodewyk XIV van Frankryk? Oesjaar (kontak) 05:27, 4 Mei 2012 (UTC)

Ja, soos ek verstaan is dis een en die selfde karakter. Groete. Anoniem
Dankie, dan het ons 'n paar skakels on by te werk! Oesjaar
Uitgevoer Aanstuur geskep.

[wysig] Gebruik van datum skakels

Ek en gebruiker Gebruikerbespreking:Aliwal2012‎; het 'n gesprek gehad om die gebruik van datum skakels. Sien die besprekings gedeelte van ons gebruikers bladsye. Ek soek asb insette van die Wikei gemeenskap. Groete. Oesjaar (kontak) 07:04, 6 Mei 2012 (UTC)

Elke projek het sy eie beleid oor datumskakels - die Duitse en Engelse Wikipedia verkies byvoorbeeld om geen skakels na datums te gebruik nie, die Noorse Wikipedia (Bokmål) plaas wél skakels na datums, net soos ons doen. --Voyageur (kontak) 13:15, 6 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Seemyl vs Knoop

Is dit dieselfde ding? Oesjaar

Meer of min - ja. Seespoed word dikwels in knope aangedui: 1 knoop = 1 seemyl per uur. --Voyageur (kontak) 20:01, 6 Mei 2012 (UTC)
Sien ook seemyl en knoop (snelheid). Groete. Anoniem
Dankie, julle! Nou het ek die seemyle vas geknoop! Oesjaar

[wysig] 1,000,000 Edit's en 40,000 gebrukers

Ek sien ons begin die twee mylpale nader! Sal ons kan bepaal wie die miljoenste edit doen? Oesjaar

Ons moet die statistieke dophou en die "wys robotte"-opsie op die "Onlangse wysigings"-blad kies. Sodoende kan ons bepaal wie (of watter robot) die miljoenste wysiging aangebring het. --Voyageur (kontak) 15:22, 7 Mei 2012 (UTC)
Beide mylpale was vanoggend iewers behaal! Oesjaar (kontak) 04:57, 9 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Besoekers

Dit lyk of af.wiki meer bekyk word. Sien Jcwf (kontak) 14:18, 7 Mei 2012 (UTC)

Wat sou die rede kon wees? Adriaan Joubert (kontak) 16:58, 8 Mei 2012 (UTC)
Een rede is aktuele artikels- gaan kyk na Gebruiker:Arnobarnard se daaglikse statistieke. Elke artikel wat in Vandag in die geskiedenis opkom dien as 'n sneller en die gebruikers klik die skakels. Sien die verband tussen die twee. Bv sien RMS Titanic se besoek statisstieke. Ek het die situasie sien kom en baie geskaaf -iemand het gehelp hier, dink dit was Anoniem - aan Titanic en duidelik kan die resultate gesien word. Dus moet ons solank rooi skakels uit die Vandag in die geskiedenis gaan soek en die artikels skep voor die datum aanbreek.
Tweede rede: ons dorpe, plekke en nedersettings databasis het aansienlik gegroei die afgelope jaar met baie meer skakels heen-en-weer (daar is deesdae weinig rooi skakels hier) na riviere berge, passe, paaie en damme ens. Dit word dus lekker vir die gebruiker om te surf! Ons moet aanhou hiermee. Dus - moet nie 'n klomp artikels skryf wat alleen staan nie maar eerder artkels wat verband hou.
Nog 'n rede: my visreeks het bv veroorsaak dat die woord Afrikaans bo-aan die meeste lande se Wiki tale dinge verskyn en trek eenvoudig net aandag. Daar is 715 artikels hier en danksy die botte sien duisende internasionale gebruikers die woord Afrikaans bo-aan in hulle Wiki's!
Artikels soos optiese vesel, duikboot, vliegdekskip sal altyd die jong mannetjies se aandag trek. Hier kort nog baie!

Oesjaar (kontak) 17:30, 8 Mei 2012 (UTC)

Ek hou van die opmerking om die jong mannetjies se aandag te trek! Ek sal graag 'n artikel wil begin oor "Surface-mount technology"... soek dit gerus in die Engelse Wiki. Dit is byvoorbeeld die tegnologie wat gebruik word om selfone en TV's mee te vervaardig. Dit is 'n redelike nuwe tegnologie in Suid Afrika, en miskien sal die jongelinge daarin belangstel. Ek het 16 jaar se ondervinding in hierdie tegnologie (het heelwat tyd oorsee gespandeer om daaroor te leer), en sal graag 'n saadjie daaroor wil begin. Kan iemand my asb. help met die terminologie? Wat sal ons dit noem? Ek glo nie die term is al in Afrikaans benoem nie. As dit reeds bestaan sal ek graag van julle wil hoor. Miskien moet dit "Oppervlak gemonteerde tegnologie (OGT)" genoen word, of miskien "Oppervlak monterings tegnologie (OMT)". Hoe bepaal mens wat 'n nuwe tegnologie genoem word in Afrikans? Kan iemand help asb? Groete, Ossewa (kontak) 18:48, 8 Mei 2012 (UTC)

Is dit nou PC borde? Oesjaar
Sal oppervlakmontering dalk 'n geskikte trefwoord kan wees? 'n Google-soektog lewer hierdie term op. --Voyageur (kontak) 19:10, 8 Mei 2012 (UTC)
@ Oesjaar: Ja dit is die tegnologie waarmee komponente op PC Borde geplaas word. Destyds was dit per hand gedoen, deesdae word dit deur masjiene gedoen.
@ Voyageur: Dankie, ek sal in Google soek en kyk Ossewa (kontak) 19:19, 8 Mei 2012 (UTC)
My ou tegniese Telkom woordeboek gee: Surface-mounted device as oppervlak-gemonteerde toestel OGT. Hoop dit help. Oesjaar

Ek moet my kommentaar ook lewer - dit is vir my skreeusnaaks om te sien hoe die aantal besoekers van Intensiewe geklim het. Van 2 tot soms bo 70 per dag (naweke natuurlik uitgesonder). Ek dink af.wikipedia.org = tydspaar met woordeboekdeurblaai en vertaal van Engelse artikels. Verder lyk dit asof die besoekers ook lief is om deur "voorbladartikels" te blaai. Hulle begin nou eers Wikipedia waarlik ontdek. (Die mag van die riemtelegram?) Dit lyk my skooltake het sedert ek einde 2008 skool verlaat het nie veel verander nie. Die toerismeleerders doen steeds take oor wêrelderfenisterreine, die groot 5, etniese kultuurgroepe, SAOG-lande vir hul PAT-take. En Lewensoriëntering oor die wonderlike wêreld van vigs en seksuele oordraagbare infeksies. Tragies, ek dag die wêreld verander... Ek is egter bekommerd ook artikels soos Jagluiperd - dit word daagliks besoek, maar ek dink nie ons kliënte kry dit waarna hul soek nie... tans moet ek my ander (universiteits)take inhaal - so ek moet my Deense artikels staak en solank Jagluiperd in my dagboek vir Desember skeduleer. Groete daar vereers en wel gedaan Oesjaar! Suidpunt (kontak) 20:04, 8 Mei 2012 (UTC)

Vir diegene wat inspirasie vir die skryf van nuwe artikels soek, hiersô bevind die Departement van Basiese Opvoeding (of is dit Onderrig?) se eksamenriglyne, leerplanne, praktiese assesseringsriglyne, om na 'n paar te skakel. Krap rond op [3] vir meer (gebruik die regternutsbalk). Adriaan Joubert (kontak) 11:58, 9 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Article translation request

I am trying to find someone who can help to translate User:Russavia/Polandball into Afrikaans. If anyone could help with that, it would be great if you could drop me a message on email (russavia.wikipedia@gmail.com) or on my Commons talk page (Commons:User_talk:Russavia). All editors have my permission to edit the article at User:Russavia/Polandball to do the translation.

The article already exists on Russian, Spanish, Catalan, Arabic, Dutch, Greek, Swahili, Persian, etc Wikipedias. Any help with translating this article would be greatly appreciated

In return for a translation of the article, I will upload 50 new South African-related images to Commons, from a range of subjects. Russavia (kontak) 23:42, 10 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Duitse radioverslag oor NG Kerk

'n Duitse radioverslag oor die NG Kerk: Die Kirche der Apartheid zerfällt het my aandag getrek. 'n Joernalis beweer dat die NGK in verval geraak het, dat 20 000 lidmate die kerk in die afgelope jaar verlaat het en dat daar tans nog sowat een miljoen lidmate is wat hoofsaaklik in voorstadgemeentes saamgetrek is. Soos beweer word, het aanhangers vertroue in 'n kerk verloor wat die rassebeleid in die ou bedeling met Bybelse argumente verdedig het en nou juis die teendeel beweer... 'n Tweede argument is dat baie gemeentes in voorstede hul "blanke" karakter wil handhaaf.

Ek weet natuurlik dat die meeste Europese pers-, televisie- en radioberigte oor Afrikaners vol van stereotipes is (hulle gebruik in die verslag dan ook nog die Engelse benaming vir die kerk...), maar dit is nogal verbasend dat een van die laaste nie-gesekulariseerde vestings in die westerse wêreld nou besig is om te val... Ek weet egter niks van diskriminasie teen Afrikaanssprekende kerklidmate op grond van velkleur nie.

Sekularisasie is 'n natuurlike verskynsel in alle westerse samelewings en is per se ook niks negatiefs nie omdat 'n kerk niks ander moet wees as 'n spirituele en etiese raamwerk (waarby "eties" en "Christelik" beteken dat niemand op grond van velkleur, geslag of seksuele oriëntering benadeel mag word nie) wat desnoods maklik vervang kan word. Soos ek dit verstaan, het die NG Kerk egter baie vordering in hierdie opsig gemaak. Maar wat is die spesifieke rede vir die NG Kerk se onvermoë om mense 'n antwoord op basiese lewensvrae te gee? Dieselfde vraag word in Lutherse kerke gestel... --Voyageur (kontak) 11:27, 14 Mei 2012 (UTC)

Ek het nog nooit 'n kerkdiens bygewoon waar Apartheid geregverdig is, of gehoor dat hulle die nuwe regering ondersteun of afkraak nie. Kerk en politiek behoort nie bymekaar nie, en ek dink die predikante besef dit al te goed. Afrikaanse kerke is wel noodwendig Afrikaans en hoewel (waar ek bly) hulle meestal blank is, sien mens ook kleurlinge wat dienste bywoon. Sekere NG kerke begin al meer Engels inbring, veral met die sing van liedere (wat my natuurlik geweldig irriteer). Dit tref blykbaar aanklank by die jonger garde, wat deur die regering en samelewing pro-Engels geïndoktrineer word. Dat die NG kerk wel 'n groot probleem het, is beslis waar. Kerkbesoek is besig om te val en ledetalle neem skerp af. Soos ek dit sien is die redes hiervoor hoofsaaklik emigrasie en die feit dat dit finansieel eintlik te goed met meeste Afrikaners gaan (tussen TV, selfone, speletjies en winkels bly daar ongelukkig min tyd vir kerkbesoek oor). Groete. Anoniem
Dan is dit weer eens eensydige en negatiewe beriggewing oor Afrikaners op nuuskanale wat aanspraak daarop maak dat hulle kwaliteitsmedia is. --Voyageur (kontak) 17:38, 14 Mei 2012 (UTC)
Rapport het onlangs met die syfer van 20 000 vorendag gekom na aanleiding van lidmaattalle in die jongste uitgawe van die NG Kerk se Jaarboek. Maar dié boek se syfers was nog nooit juis akkuraat nie en die syfers van die individuele gemeentes en dié van die Sinodes (wat agterin die boek geplaas word) stem dikwels nie ooreen nie. Die grootste afname was byvoorbeeld by die SA gemeente in Londen wat een jaar 4 000 en die volgende 1 200 lidmate gehad het. Ook van die universiteitsgemeentes het skielik duisende lidmate minder gehad, bloot omdat die getal lidmate anders getel word of jare laas bygewerk is.

Die grootste rede vir die afname in lidmate is die kommerwekkende lae geboortesyfer onder wit mense. Dit neem al sowat ’n eeu lank drasties af, maar lyk of dit die afgelope vyf jaar begin stabiliseer. Die jongste syfers wys daar’s nou 3,6 volwassenes in die kerk vir elke kind, wat beteken selfs al word die lidmate baie ouer as voorheen, is daar lankal nie meer sprake van ’n deursnee-kerngesin met twee kinders en twee ouers nie. In 1985 was daar nog twee volwassenes vir elke kind. Namate die oumense afsterf en die kinders volwassenheid bereik, sal die getal volwasse lidmate natuurlik verder afneem.

Die ander groot invloed op die syfers is emigrasie. Statistieke SA sê in sy berekening van die bevolkingsyfer van SA daar was verlede jaar (2011) na raming 4,56 miljoen wit mense in SA en voeg by: “This release assumes an inflow of 1,4 million for the African population since 1996. For the same period it assumes an out-migration of 447 000 whites.” Dis ’n baie, baie konserwatiewe berekening, wat albei syfers betref. Ander ontleders skat tussen 800 000 en een miljoen wit mense is landuit. Sensus 2001 het die wit mense op 4,2 miljoen beraam, maar gesê dis 'n onderskatting. As die wit mense in 1995 4,5 miljoen was en 800 000 het geëmigreer, beteken dit daar is nou eintlik sowat 3,7 miljoen oor. Verlede jaar se sensus sal natuurlik weereens nie duidelikheid bring oor ware bevolkingsyfers of oor emigrasie nie.

Maar daar was in 1985 1 418 000 NG lidmate in Suid-Afrika en (volgens destyds se meer akkurate syfers) 4,6 miljoen wit mense. As daar nou 3,7 miljoen wit mense is en die NG lidmate tel 1 058 000, blyk dit die verhouding van NG lidmate tot die wit bevolking het afgeneem van 30,8% tot 28,6%. Dis kwalik 'n teken van 'n kerk wat doodloop en wys waarskynlik sekularisasie speel ’n geringe gerol. As die skatting van die wit bevolking akkuraat is, moes die NG lidmate nou na regte net 88 000 meer gewees het. Intussen het die Afrikaanse Protestantse Kerk-skeuring natuurlik ook gebeur. Dié kerk het sowat 45 000 lidmate. Die interessantste syfer is waarskynlik dié van Namibië: 110 000 wit mense in 1975 met 23 000 belydende NG lidmate, maar 75 000 wit mense in 2012 met 16 500 belydende NG lidmate: die verhouding het toegeneem van 20,9% tot 22%, ten spyte van al die honderde Suid-Afrikaanse amptenare en soldate wat die land verlaat het. Morne (kontak) 20:47, 14 Mei 2012 (UTC)

Volke kom en gaan maar deur die eeue. Net soos wat die Calvinistiese Afrikaner natuurlik gevorm het uit lukrake omstandighede sedert 1652, is dit nou sy natuurlike tyd om sy hoofstuk in die geskiedenis af te sluit. Mense migreer, verander van taal en/of kultuur, meng met ander etnisiteite — en dalk is dit vir die beste. As die globalisering van die Afrikaner ten minste tot laer NG lidmaatskappe lei, het ek nie kritiek nie. Net soos enige ander religieuse instansie, was en is die NG Kerk nie juis 'n eerbare instelling nie, ten minste nie wat sy houding jeens wetenskap en menseregte betref nie. Adriaan Joubert (kontak) 22:15, 14 Mei 2012 (UTC)
Dis nie net die Duitsers nie Sien Jcwf (kontak) 05:27, 15 Mei 2012 (UTC)
Baie interessant - moontlik was dié artikel die oorspronklike bron waarop die radioverslag baseer. Die kommentare van lesers op daardie webblad gooi lig op die seksistiese houdings van kerklede. Indien hulle van vroue tweedeklas-lidmate wil maak en LGBT-mense as sondaars klassifiseer, het hulle inderdaad 'n groot probleem. Gaan ons, wanneer ons 'n NG kerkgebou betree, nou 'n bordeel vir ou heteroseksuele kêrels, wat hul vroue slegs nog met Bybelse argumente bed toe kry, of 'n kerk toe? --Voyageur (kontak) 10:56, 15 Mei 2012 (UTC)

Godsdiens val onder die raamwerk van post-positivisme (geskoei op dit wat nie bewys kan word nie). Die jare van "sien is glo" (postivisme) hoort in die jare 1950's; dis uitgedien.

Die doel van die kerk is egter nie uitgedien nie. Ek dink ons het dié nou juis meer nodig. Die oorspronklike doel van die kerk was om die kole warm te hou, om 'n gemeenskap bymekaar te bring. Met ander woorde, om jou medemens te bemoedig en om Sy Maker te prys - nie om teologiese lesings vanaf die kansel te hoor nie. Dis 'n Middeleeuse reliek vir die ongeletterdes; elkeen moet deelneem, nie 1:300+ nie. Die klem val eerder om mekaar te bedien - om vir mekaar om te gee. En tog, Paulus het reeds in sy briewe uitgevaar teen die kerkgangers se geklaery oor banale goed - voorkoms en kleredrag, die klomp gevretery, rituele ens. Die probleem lê in die oppervlakkigheid en vervlakking van die mensdom. Dit is immers mense wat die geboue vul.

Die kerk was so goed (of moes, eerder) soos jou weldadigheidsentrum, jou beradingsentrum (verkieslik sonder popsielkunde), die plek waar 'n saak uitgeklaar kon word, en terselfdertyd ook 'n bymekaarkomplek waar julle sommer oor enigiets kon gesels wat jy wou. En dit kos jou nie 'n sent nie (want tiendes (en selfs meer) is veronderstel om vrywillig te wees). Dus, gemeenskaplikheid. En dit is ook 'n plek van gebed. Geen barokale byvertonings ("sideshows") nie. In Europa beheer die staat nou alles (die staat is dus jou nuwe God) en in Suid-Afrika, wel, jou spaarvarkie en kontakte.

Ek sou eerder sê dat die fout in wêreldwye kultuur lê - waar in die 1950's en vroeër mense meer op mekaar moes staatmaak (sal ons ooit die Depressiejare vergeet?) en dus met mekaar goed oor die weg probeer kom het, kraai elkeen vandag haan op sy eie mishoop. Dit kan jy duidelik in Suid-Afrika sien: die algemene siening van voor die 1800's was wat is goed vir my kleine gemeenskap?; daai selfgesentreerde lot was in die minderheid, en glo my - hulle was die uitvaagsels van gemeenskap. Toe word dit wat is goed vir my kliek; dan het dit in die 1980-2000's afgeskaal na wat is goed vir my gesin? en vandag wat is goed vir my?. Met sekularisering gaan dit gepaard met individualisering en die vooropgestelde beklemtoning van wat ek wil hê. Te hel met jou! En natuurlik kan jy sonder jou gemeenskap klaarkom, want, soos Anoniem teregsê, Mammon is koning. En, wil ek byvoeg, Bacchus ook. En met al twee kry jy nogal heelwat wat jy wil hê. Behalwe dat Bacchus nogal baie Mammon kan opslurp. Maar nou ja.

Daarmee dan - Welkom in 'n hedonistiese en selfgesentreerde samelewing waar mense geestelik nooit sal grootword nie. Geld en breinkrag kan nie gemeenskaplikheid koop nie en sport is 'n oppervlakkige tydelike oplossing vir 'n permanente probleem. Gordel u vas, geniet u vlug en wees geduldig terwyl u kleine wêreldjie ineenstort. So, moenie bekommerd wees oor die lot van die NG-kerk nie. As post-WOII verval gebring het in die Christendom, kan post-WOIII seker 'n verval in sekularisering bring. Dan het almal mos weer niks. En die kinders sal die waardes (of die gebrek daaraan) van hul ouers die skuld daarvoor gee. Zimbabwe se grafiek bewys dit immers: Operation World.org [4] Suidpunt (kontak) 11:17, 15 Mei 2012 (UTC)

Ek stem saam dat godsdiens 'n etiese waardestelsel kan wees, maar dit is nie die enigste bron waaruit 'n vreedsame, solidariese samelewing kan voortspruit nie. Ons sit immers met die probleem dat dit juis die gesekulariseerde, voormalige Protestantse (en Rooms-Katolieke) samelewings is wat tans die hoogste lewenspeil, laagste misdaadsyfers en kleinste klasverskille het, terwyl godsdienstige samelewings besig is om in geweld, klasoorlog en ekonomiese chaos te ontplof. Die vloek van "genadelose" godsdiens en "tradisionele waardes", wat die natuurlikste primitiewe instinkte wek, gooi 'n skadu oor lande soos die VSA, Iran en Suid-Afrika. --Voyageur (kontak) 11:40, 15 Mei 2012 (UTC)
Ander onderwerp: Ek het 'n vragie (en hierdie vraag pla my nou regtig 7 maande lank):
Wat is die rede waarom 'n groot hoeveelheid Noord-Europese mans (veral die Dene en Duitsers) hulle kophare afskeer? Waar ek foto's kyk is hulle hare poenskop geskeer. Ek sou dink vir 'n redelik (maritieme) koue landskap sal 'n bietjie dons nogal deug...Gee hulle haarwasmiddels probleme? Of probeer hulle die oorgeërfde bleskop verbloem? Of is dit 'n soort subkultuur waarvan ons nie weet nie? Suidpunt (kontak) 18:35, 17 Mei 2012 (UTC)
Dis net 'n modeverskynsel wat wyd posgevat het (gewilde sangers en sokkerspelers soos David Beckham is voorbeelde wat nagevolg word). Dis prakties - hulle het geen haardroër meer nodig nie, en hul hare is nie deurmekaar nie wanneer hulle hul geliefde bofbal-kappies dra. Somers is regtig warm in Europa. Masjienskeer-haarstyle kan tuis gedoen word. Bleskoppe kan ook maklik verbloem word. Vir sommige is dit 'n eg manlike haarstyl.
Enkele van my vriende en kennisse het dié styl net een keer geprobeer - waarskynlik het hul vriendinne gedreig om hulle te verlaat. ; --Voyageur (kontak) 20:07, 17 Mei 2012 (UTC)
Natuurlik sal hul vriendinne dit nie toelaat nie! Ons kan kaalkoppe eintlik as 'n voorsorgmaatreël beskou: dat vroulief hom nie aan die hare moet beetkry of sy kop was (berispe) nie. Nee, ek verstaan dit heel goed. Maar dit vrywaar nie dat sy op sy kop sit nie (baasspeel oor hom). Ai, die man kan net nie wen nie... Groete daar - en geniet die somer. Suidpunt (kontak) 06:26, 18 Mei 2012 (UTC)

[wysig] Wikinfo

Weet iemand hoe betroubaar Wikinfo is met bv. die gebruik van foto's? Sal 'n mens 'n foto van daar kan gebruik en kan aanneem dit is wel vrylik beskikbaar soos hulle beweer? Ek sien al Anna Politkofskaja se foto's op Wikimedia Commons is verwyder, maar daar is een op Wikinfo wat hulle beweer vrylik bruikbaar is. Winston (kontak) 16:50, 17 Mei 2012 (UTC)

[wysig] 250 Voorbladartikel

Ons naaste mylpaal: Danksy Voyageur sy mooi artikel oor die Bieszczady‎ het ons nou 250 Voorbladartikel. Baie dankie almal vir julle harde werk! Beste groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 20:10, 20 Mei 2012 (UTC)

Persoonlike gereedskap
Naamruimtes

Variante
Aksies
Navigasie
Gereedskap
Ander tale

Polecamy: Pozycjonowanie, wózki dziecięce, Kino domowe, Viagra, Kredyty